5 Harde Lesse Wat Ek in 2018 Moes Leer

5 Harde Lesse Wat Ek in 2018 Moes Leer

Gewoonlik hierdie tyd van die jaar kyk jy terug en dink aan al jou sondes, jou mislukkings en dinge wat wel uitgewerk het vir jou. Gewoonlik voel mens hierdie tyd van die jaar dat jy harde bene gekou het en dat die jaar nie joune was nie.

Is tog so – of is dit net ek? Ek het al baie kere gevoel “hierdie jaar was nie vir my nie”.

Ek het my werk verloor, een van my beste vriendinne by die dood afgestaan, een van my neefs in ‘n ongeluk verloor, moes ‘n paar maande deur werkloosheid gaan, moes harde besluite neem… Maar, ek gaan nie verder slegpraat oor my jaar nie.

GOEIE DINGE
Ek het deur die tydperk van my werkloosheid gesien hoe mense wat ek skaars ken, omgee vir my. Mense wat byvoorbeeld blogger maats is, wat hul oor my ontferm het en graag help wou aanbied in my situasie. Ek is baie bly vir God hieroor, dat daar mense is met goeie harte.

harde lesse geleer melissajavan

Ook gedurende die tydperk waar ek werkloos was, was ek genooi na ‘n televisie onderhoud om te praat oor my blog. Dit was ‘n hoogtepunt van my jaar. Ek het nooit gedink dat ek voor die kameras sou praat nie. Hierdie geleentheid het my ook ‘n hipstoot gegee om in te skryf om deel te wees van ‘n blogger panel by die Jozi Books and Blogs Festival. Ek het dit geniet om my kennis te deel.

Dan, ek het terwyl ek werk gesoek het, gegaan vir ‘n onderhoud vir ‘n werk wat ek nie gekwalifiseer is nie, al het ek die ondervinding om dit te doen, en ek was onsuksesvol in die onderhoud. Later, is ek ‘n vryskut skrywerspos aangebied. Ek skryf nou oor entrepreneurskap en ek geniet dit verskriklik baie.

MY DOELWITTE VIR 2018
Ek het myself drie woorde gegee aan die begin van 2018, wat soortvan my dryfkrag vir my doelwitte is. Die woorde was determination (vasbeslotenheid), brave (dapper) en collaboration (saamwerk).

Met vasbeslotenheid en dapper wees, wou ek graag nuwe dinge probeer en myself uit my gemaksone haal. Met saamwerk, was die doel om byvoorbeeld met bloggers te werk en basies my netwerk te verbreed, verhoudings te versterk.

My grootste doelwit was om ‘n sekere bedrag geld te spaar vir my dogtertjie se skoolfonds (in die toekoms). Ek wil elke jaar voordat sy amptelik op skool is, geld spaar vir haar. Ek het my spaar doelwit bereik. Ek kon nie elke maand geld wegsit nie, want ek was retrenched en vir ‘n paar maande werkloos, so later die jaar het ek gewoeker met my vryskutwerk om daardie geld in te samel.

Nog ‘n doelwit was om al my winkel kredietkaarte se skuld af te betaal en uiteindelik die kredietkaarte te sluit. Ek het dit reggekry. Nou, my volgende stap (vir volgende jaar) is om my motor af te betaal.

Nietemin,

Laat ek gou vertel wat die harde lesse is wat ek vanjaar geleer het:

Jou gedagtes bepaal jou dade
Ek moes vining leer om positief te wees in die midde van die tye waar ek negatief wou wees (soos toe ek werkloos was).

Stel finansiele doelwitte vir jouself en skryf dit neer
Om finansiele doelwitte te stel en ook aksies neer te pen wat sê hoe ek die doelwitte kan bereik, het my gehelp om suksesvol te wees toe ek vryskutwerk gedoen het.

Klein veranderinge maak saak
Om hier ‘n voorbeeld te gee, ek het bietjie meer (as die paaiement) betaal op ‘n kredietkaart rekening en toe later dit reggekry om dit af te betaal. Ook, ek het vanjaar in plaas van dat ek middagete koop by werk, begin beplan wat ek gaan eet en die eetgoed van die huis af gebring.

Vra vir help en wees spesifiek
Toe ek vryskutwerk gedoen het, het ek hulp gevra vir mense wat al reeds hul eie besigheid het in die veld waar ek werk. Sommige kere het dit ook geld gekos maar dit was ‘n goeie belegging vir my besigheid.

Dit is moontlik om jou doelwitte te bereik
Baie kere lyk dinge onmoontlik; die beste ding is om planne van aksie uit te voer totdat jy uiteindelik die doelwit bereik.

Dis al van my kant. Ek hoop jy het dit interessant gevind. Het jy jou doelwit vanjaar bereik? Ook, watter harde lesse het jy geleer – vertel my in die kommentaar afdeling, onder.

5 Comments

  1. Ek is seker jy is baie trots op jouself vir die doelwitte wat jy bereik het, veral in die omstandighede wat jy jou in bevind het hierdie jaar. Ek self lees jou pos met trots – baie geluk Melissa, jou deursettings vermoe inspireer my!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *