Ek Het Retrenchment So Oorleef

Ek Het Retrenchment So Oorleef

Eerstens wil ek se dat elkeen se padjie is verskillend en uniek; wat vir my gewerk het mag dalk nie vir jou werk nie. Maar deur dat ek my storie vertel, kan dit dalk vir iemand se lewe baat.

Ek is op 14 Februarie vanjaar ingelig dat ek retrench word. Nee, ek vier nooit Valentynsdag nie, so ek was nie rerig bebloed oor dit op hierdie spesifieke dag gebeur het nie. Dit het wel gebeur ‘n dag na my vriendin, Leolynn Smith in ‘n motorongeluk (op 13 Februarie) gesterf het.

Voordat ek oor my retrenchment praat, laat my toe om te vertel hoe my vriendin se dood ook ‘n impak op die situasie gehad het…

Ek was platgeslaan oor haar dood. En toe die retrenchment aankondiging gebeur, wou ek net he die weke moes verby vlieg – laat alles net verby is!

LEES OOK: 10 Dinge Wat Ek Wens Ek Het In My 20s Geweet

money problems melissajavan

HAAR ROL IN MY LEWE
Leolynn se dood het my herinner aan my eerste retrenchment by ‘n ander werkgewer – in Kaapstad in 2011. Ek is einde September ingelig oor ‘n retrenchment en Oktober 2011 het dit gebeur. In Februarie 2012 het ek by ‘n werk in Port Elizabeth begin. Dit is waar ek vir Leolynn ontmoet het.

Vir julle wat nie weet, behalwe dat ek en Leolynn kollegas voorheen was, het ons goeie vriendinne geword. Sy was een van my twee strooimeisies by my troue. Oor die jare het haar familie het myne geword.

Heeltyd na haar dood dink ek aan hoe sy altyd vir my die lig aan die einde van ‘n tonnel laat sien het. Verlede jaar nog in Junie, het ek gekla oor my finansiele nood en haar antwoord was: “God het nog altyd vir jou ‘n way gemaak, het Hy nie?” My antwoord was ‘n flou “ja” en enkele dae daarna het God vir my bewys Hy sorg weereens.

Na ‘n paar dae na Leolynn se dood, dink ek: as dit nie vir my eerste retrenchment was nie, sou ek seker nie Baai toe getrek het nie en sou ek ook nie vir Leolynn ontmoet het. Iets goeds het uit die eerste retrenchment gekom en iets goeds gaan uit die tweede retrenchment kom, dink ek die afgelope paar maande.

Op ‘n manier dink ek Leolynn se gees het gehelp met daardie motivering. Dankie Leolynn!

In elk geval, indien jy gaan deur ‘n moontlike retrenchment, hier is dinge wat jy moontlik sal ervaar:

VERLOOR
Jy sal verloor in verskillende maniere ervaar. Eerstens sal jy die verloor voel van die werksplek waar jy jou alles gegee het. Jy gaan die verloor voel van jou kollegas wat jy waarskynlik nie meer gaan sien nadat julle jul pakket gekry het. Jy gaan die verloor voel van die maatskappy – jy het vir ‘n droom gewerk, al was dit nie jou eie nie maar jy het hard gewerk vir die visie van die maatskappy. Aanvaar jou gevoelens en gee jouself kans om dit te verwerk.

KWAADHEID
Natuurlik was ek ook kwaad vir my werkgewer, al het ek dit nie gewys nie. Ek het die seding in my kop gehoor: everyone is replaceable (elkeen van ons is vervangbaar). En dit het my meer kwaad gemaak, want ek is altyd ‘n harde werker, so hoe kon hulle my laat gaan!

VREES
Om senuweagtig te wees oor jou toe kom is normaal, het ek besef. Veral as jy meer as twee jaar vir ‘n maatskappy gewerk het en jy was in jou gemaksone. Dis die ding, soms werk jy so lank in ‘n plek dat jy gemaklik raak en dan word die gedagte van oor begin, ongemaklik en oorweldigend. Eerder as wat jy negatief vrae aan jouself stel, probeer dit in ‘n positiewe manier vra: byvoorbeeld, eerder as “wat as ek nie ‘n werk kry wat ek van hou nie” vra eerder “wat as ek ‘n werk kry waar van ek hou en selfs meer geniet?”

GEMENGDE GEVOELENS
Glo my, een dag is jy so gemotiveerd om job hunting (werk soek) te doen en die volgende dag is jy af (down in the dumps).
Die een dag is ek vol vuur en stuur vele aansoeke vir werk en die volgende dag weet ek nie watter kant toe nie.
Hoe dit ook al sy, moenie te hard op jouself wees nie; aanvaar die ups and downs.

beginner freelancer melissajavan

Anyway, aanvanklik na ‘n paar maande se werk gesoekery, het ‘n vriendin wat in Menslike Hulpbronne is vir my bietjie geskool oor hoe ek moet optree in ‘n onderhoud. Dit help baie gehelp veral om my selfvertroue op te bou.

Ek het die volgende geleer:

“VERTEL MY OOR JOUSELF”
As jy hierdie vra af gevra word in ‘n onderhoud, gaan dit nie oor jou en jou stokperdjies nie. Dit gaan daaroor dat jy praat oor jou werk geskiedenis en hoe dit in pas by die werk waarvoor jy aansoek gedoen het. Die hele se onderhoud gaan oor die moontlike werkgewer en watter waarde jy kan gee aan hom of haar. So jy moet jou werk geskiedenis opnoem, waar jy geswot het en watter kennis en ervaring jy het.

DOEN NAVORSING
Doen navorsing oor die persoon en maatskappy waar jy aansoek gedoen het. Dit tel baie as jy kan wys jy het jou huiswerk oor hulle gedoen en dit wys jy stel belang.

WEES GEREED
Die meeste werke waarvoor ek aansoek gedoen het, het ek nie veel kennis oor gehad nie en eventually het die mense wat die onderhoude gedoen het, in my praat opgetel.

JOU PORTFOLIO TEL
Jou portfolio kan jou CV wees en/ of jou blog (website). Dit help as jy bewyse van werk op jou blog kan he en ook ‘n aantreklike CV.
Mense is ook baie beindruk as jy van selfvertroue streel.

Aanvanklik het die bogenoemde gehelp dat ek ‘n goeie week losslaan. Ek het in September vanjaar by ‘n nuwe werksplek begin.

Was jy al deur ‘n retrenchment of ken jy iemand wat dit moes deurmaak? Wat is jou gevoelens hieroor? Laat weet vir my wat dink julle in die kommentaar afdeling, onder.

5 Comments

  1. Dankie Melissa. Miskien lees jy nie meer die terugvoering nie maar ek het die motivering vandag so nodig. Ek is op die 31 Desember 2019 geretrench en op amper 54 jarige ouderdom wow ek het emotional ups en downs. Waar begin mens sinvol soek. Maar ek is ook ‘n positiewe daar is lig aan die einde van die tonnel tiepe mens. Nogmaals dankie

  2. Hi Jacomina, dankie vir jou boodskap. Ek is so so jammer om te hoor van jou retrenchment – di’s ‘n harde hou. Ek het nog lank gesukkel om dit te verwerk n my selfvertroue het ook ‘n knou gekry. Hou moed. Ek het Steve Harvey se woorde onthou “find out what’s your gift and make money from using your gift… you gift is the thing you do good in the least amount of time.” Dan kry jy ‘n plan van aksie en werk aan dit. Sterkte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *