Geld Is Nie Alles Nie Maar

Geld Is Nie Alles Nie Maar

Dit is so ‘n lekker gevoel as jy geld het wanneer iets onverwags opkom.

Ek dink nou aan die dag in November toe my kleuter se onderwyser laat weet het dat sy benodig dinge vir die se skool konsert. Ek het nie gedink ons sou by die konsert wees nie want my kleuter was vir byna ‘n maand lank by die huis siek.

Die week toe sy terug is by die skool, word ons gesê die konsert sou gebeur. Ek moes toe klein goedjies soos ‘n wit t-hemp en blou broek koop – alles vir my kleuter.

Vir die eerste keer het ek nie oorweldigend of hartseer gevoel nie, want daar was nie ‘n bekommernis oor “hoe gaan ek vir dit betaal?”

Die vorige jaar het ek die pyn gevoel van “hoe gaan ek vir dit betaal” en ek wou huil.

Rêrig, dit is net ‘n baie hartseer gevoel wat jy kry as jy net genoeg geld het om sekere rekeninge te betaal. Dit is baie hartseer as jy jouself bevind met die vraag “hoe gaan ek hierdie maand deurmaak?”

Geld is nie alles nie, maar te min daarvan kan jou ongelukkig maak. Natuurlik gaan dit ook oor jou finansiële besluite en ook of jy finansiële doelwitte het.

retrenchment money melissajavan

Voor vanjaar het ek nie finansiële doelwitte gehad nie en ek dink dit het bygedra tot die feit dat ek altyd te min geld gehad het. Gebrek aan finansiële doelwitte het ook gemaak dat ek nie enigiets gedoen het omtrent my omstandighede nie – om dit te verbeter, meen ek.

Om finansiële doelwitte te hê het ook gemaak dat ek my gedagtes verander het (om meer positief te wees), dit het gemaak dat ek begin waardig voel het oor hoeveel meer ek kan verdien, en op die ou ent het finansiële doelwitte gemaak dat ek meer dinge kan bekostig, veral as dit iets onverwags is soos ‘n kinder t-hemp en broekie.

Het jy al bekommerd gevoel oor jou geldsake en gedink jy sal dit dalk nie finansiëel maak nie? Het jy finansiële doelwitte? Kon jy jou doelwitte vanjaar bereik?

3 Comments

  1. We have twice hit rock bottom. Relieved to be in the Third Age, retired and carefully living comfortably. Three times I emigrated to Switzerland – find a flat – find two employers – … wait for the first pay cheque to start furnishing the flat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *