10 Dinge Wat Ek Wens Ek Het in my 20s Geweet

10 Dinge Wat Ek Wens Ek Het in my 20s Geweet

Hallo julle,
Vandag kyk ek bietjie terug na finansiele foute wat ek gemaak het en ook na lesse wat ek oor die jare geleer het. Ek wil graag he andere in hul 20s moet die volgende weet:

Jy moet ‘n payslip (salaris strokie) by jou werknemer kry
Glo my daar is mense wat nie payslips kry nie en dit is gevaarlik! Jy moet ‘n payslip kry, want jy (en jou werkgewer) moet ‘n klein bedrag aan die staat gee, vir Unemployment Insurance Fund (UIF). Jy (en jou werkgewer) kan in die moeilikheid kom as julle nie UIF betaal nie. Op jou payslip, sal dit ook se of jy addisionele aftrekkings gaan kry, en jy sal inligting kry soos hoeveel verlof dae het jy vir die jaar. Die payslip is ‘n bewyse van wat jy betaal is elke maand.

Jy kry nooit jou volle salaris uit nie
Behalwe dat jy UIF moet betaal, sal daar ook PAYE (Pay As You Earn) van jou salaris afgetrek word en gaan na die staat.
Sommige werkgewers trek ook ‘n bedrag vir mediese fonds of retirement annuity fund, af. Jy moet natuurlik vooraf vra oor hierdie dinge (mediese fonds en retirement annuity), want hierdie word gesien as benefits (voordele). As jy hierdie benefits kry, betaal jy ‘n bedrag uit jou salaris en die werkgewer gee ook ‘n bedrag uit sy sak.

Budget!
Jy moet weet waarna jou geld gaan – waarop jy spandeer! Ook, klein dinge soos jy betaal rente op onnodige goed, tel.

retrenchment money melissajavan

Tien jaar gaan vinnig
Ek het destyds toe ek in matriek was, ‘n Saver & Protector Plan (spaar plan) by Clientele Life gehad. Dit het begin met iets soos R100 per maand. Elke jaar het die fooi met ‘n klein persentasie opgegaan. Die doel van die plan was om te spaar en ook indien ek sou sterf, sou die geld na my ouers toe gaan (ek was ook broodwinnaar in my ouerhuis destyds). Tien jaar later toe kry ek ‘n uitbetaling van bietjie oor R10,000 en ek het daardie geld gebruik toe ek Johannesburg toe getrek het. Tyd vlieg!

Jy sal dit maak om in ‘n ander provinsie te bly
Ek moes rerig uit my comfort zone (gemaksone) gaan toe ek van my ouerhuis in Kraaifontein in die Wes-Kaap trek, na die Baai in die Oos-Kaap. Maar, ek het soveel geleer van myself en ek het wonderlike mense ontmoet. Jare later moes ek Johannesburg toe trek, want my man het daar gewoon en werk. Ek dink die trek na die Baai (Port Elizabeth) het my voorberei om na die Stad van Goud te trek.

Maak ‘n plan om meer te reis
Mens leer so baie deur te travel (reis) en jy leer waardeer waarvandaan jy kom en ook wat jy het. Ook, deur reis ontmoet jy mense van verskeie kulture en jy leer andere respek vir hulle hustles.

how blog posts story ideas lesson

Behou ‘n Emergency Fund, oftewel ‘n Nood-fonds
Hierdie is broodnodig, want enige tyd val daar ‘n nood en jy moet betaal daarvoor. Een keer moes ek geld uit my Nood-fonds haal om vir ‘n Uber taxi te betaal, want daar was iets fout met my motor en ek moes gaan na ‘n onderhoud. Ook, elke jaar moet jy geld wegsit om vir dinge soos jou motor se jaarlikse diens te betaal. Ek betaal liewer kontant as op krediet.

Praat oor geld, veral oor spaar en beleggings
Dis lekker om te hoor hoe verskillende mense hulle geld spaar of bele. Dit help ook vir jou inlig wat om te doen met jou geld, veral vir jou kinders se toekoms. Behalwe om met nabye vriende te gesels, praat met kollegas of selfs ouers van kinders by die skool waar jou kinders is. Ook, jy kan praat met ‘n professioneel (‘n finansiele beplanner) van ‘n finansiele instansie soos Liberty of Old Mutual, oor hoe jy jou geld kan bele.

Betaal meer as jou instalment
Op hierdie manier (om meer as jou instalment te betaal) sal jy jou rekening vinniger afbetaal.

Bly binne jou baan
Ek en manlief spandeer meeste van ons geld op reis en dit maak dat ons nie dinge het wat andere het nie, soos ‘n wasmasjien en ‘n motor wat klaar afbetaal is. Dis so maklik deesdae om te sien wat jou maats op Facebook mee spog en dan mag jy voel “ek wens ek het dit gehad of daai gedoen”… Mens moet intentionally dinge doen en jouself herinner waarom ‘n sekere besluit belangrik was in daardie oomblik. Bly in jou eie baan, want elkeen van ons het ons eie goals (doelwitte) en planne. Doen wat vir jou belangrik is.

7 Comments

  1. Hi Mel, ek het hierdie vreeslik geniet. Dankie dat jy jou money matters met ons deel. Ek is vrot met persoonlike finansiele bestuur, maar het soveel verbeter vandat ek openlik oor my begroting n finansies begin praat het met die “regte mense”… dit help om an accountant kerel te he. Hyt my die nodigheid van n budget laat verstaan en help my om by my begroting te Stick!

  2. Ruth, ek is so bly om te hoor jy het hulp ingespan. Soms moet mens iemand het wat jou ini regte rigting stoot. Dankie vir jou kommentaar.

  3. Hey Melis:) Ek het vroeer op jou instagram handle afgekom deur Ruth se post en is tans besig om so bietjie te binge op jou blogg lol. Ek het nou so excited geword vir die paragraaf oor ‘jy sal dit maak in ‘n ander provinsie’ want ek is tans nog in my ouer-huis in Kraaifontein en oorweeg ook die groot trek George toe volgende jaar by dit gese’ is ek hard aan die spaar saam kerel vir ons grootdag en ‘n nuwe lewe saam in George so dankie vir al die valuable lessons hier te lees xoxox

  4. Wow klein wereld Jasmene, my ouerhuis was ook in Kraaifontein. Die eerste jaar of wat weg van jou ouers is moeilik en George is nie so ver van die Kaap, so julle kan gereeld, ten minste elke maand (of paar maande) gaan kuier. Ek het sommer elke tweede maande my ma se huis gaan kuier (bus gery). TREK – doen dit, jy sal okei wees. Stel jouself positief in. Sterkte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *