Afrikaans is nie maklik

Afrikaans is nie maklik

Ek het besluit om my blogging na Afrikaans vanaf Engels te switch (oor te skakel). En dit was nie ‘n maklike besluit nie.

Eerstens, Afrikaans is my moedertaal maar ek het te veel vriende met wie ek Engels praat. Selfs by die werksplek is dit net Engels.

LEES OOK: 10 Dinge Wat Ek Wens Ek Het In My 20s Geweet

Tweedens, ek het na jare van skrywe in Afrikaans, in 2015 begin Engels skryf vir werk. Ek skryf inhoud vir websites (webtuistes), als in Engels.

Toe ek in 2015 die oorskakeling maak van Afrikaans na Engels, was dit moeilik. Ek het in Afrikaans gedink en probeer in Engels vertaal en my kollegas en my man het vir my gese hulle kan lees in my skrywe dat ek eintlik Afrikaans dink (al skryf ek Engels).

En noudat ek oorskakel van Engels na Afrikaans, is ek iewat self-bewus oor hoe ek klink. (Ek skryf nog steeds in Engels by werk.)

afrikaans is nie maklik melissajavan

Hoekom Afrikaans?
Wel, ek wou nog altyd weer begin skryf in Afrikaans want dis my hartstaal, my moedertaal.

Ook, ek weet daar is baie mense daar buite wat Afrikaanssprekend is maar Engels skryf en lees. Ek besef ook dat daar nie baie Afrikaanse inhoud aanlyn is nie, veral oor geldsake.

Ek wil graag skryf oor persoonlike finansies, oor hoe om te spaar en waar om te bele, en juis oor daar nie enigiets hieroor in Afrikaans is nie, wil ek deel wat ek weet op my blog.

Laastens hoop ek dat ek nog mense gaan leer ken wat ook Afrikaans praat en skryf – dis mos waaroor blogging is: om mense te ontmoet wat jou belange deel.

Wat dink julle, is ek mal om in Afrikaans te blog? Is daar nog van julle wat Afrikaans skryf? Laat weet vir my in die kommentaar afdeling.

11 Comments

  1. Alhoewel ek Engelssprekend is geniet ek dit om in Afrikaans te lees en skryf. Ek voel altyd mens moet doen wat vir hom/haar reg is. In ‘n Engelse wêreld is jou stem die een wat sal luidspreek vir ‘n “minderbevoregde” gemeenskap taalwise. Jou redes is geldig. Hierdeur sal jou leserskap inderdaad groei. Watch this space. Doen jou ding, Dame.

  2. Melissa you must write in the way that you feel most comfortable, after all your blog is your place. Especially if you are targeting fellow SA, many of whom, as you say, write in English. Maybe you can start a trend… But I’ll keep my comments in English. My Afrikaans is baie swak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *