n Dag in Sprokiesland Saam Met My Kleuter

n Dag in Sprokiesland Saam Met My Kleuter

Sponsored post: Die ervaring met Fairy Tale Adventures is geskenk, maar die menings is my eie.

As daar nou een persoon is wat ek altyd gelukkig wil maak is dit my kleuter. Naweke is bietjie van ‘n uitdaging want ons het nie altyd play dates met ander kinders nie.

En julle weet tog, kleuters raak altyd baie vinnig verveeld. So ek probeer maar soms op ‘n manier my Prinses besig hou met een of ander aktiwiteit; dis nou as sy nieĀ  aandring om Peppa Pig of dinosaurs op televisie kyk.

Toe ons uitgenooi is na die eerste uitstalling van die Fairy Tale Adventures, was ek baie in my noppies. Ons het verlede Saterdagmiddag daar gaan inloer. Die geleentheid het in Lyttelton in Centurion, Gauteng plaasgevind.

Hier is ‘n lysie dinge wat ons by die Fairy Tale Adventures geniet het:

  • Om sprokie karakters in lewende lywe te sien is ‘n belewenis. Ek dink ek was meer opgewonde as my dogtertjie hieroor. Ons het byvoorbeeld Moana en die Frozen-susters, Anna en Elsa ontmoet.
  • Kinders was besig gehou met aktiwiteite. Jy het byvoorbeeld gesien hoe kinders met geverf besig gehou is en krale maak. My kleintjie het haar eie kolwyntjie versier, met die hulp van een van die prinsesse daar.
  • Jy kon langs ‘n koning se tafel sit of by die tafel van Alice In Wonderland aansit. Dan kon jy tee en eetgoed geniet saam met die Sprokiesland karakters.
  • Daar was ook oulike goed te koop, soos prinses rompies en speelgoed wat met die sprokies tema te doen gehad het.
  • My kleintjie is nou nog opgewonde oor haar kroon en magic wand.

Hier is ‘n paar foto’s van ons ervaring:

fairytale adventures sprokie melissajavan

fairytale adventures sprokie melissajavan
Ek, my Prinses saam mt Anna en Elsa.

fairytale adventures sprokie melissajavan

fairytale adventures sprokie melissajavan

fairytale adventures sprokie melissajavan

fairytale adventures sprokie melissajavan
Saam met The Little Mermaid se span.

fairytale adventures sprokie melissajavan

fairytale adventures sprokie melissajavan
Saam met Moana.

Die kaartjies het tussen R100 en R300 gekos. Die organiseerders beplan om weer ‘n Fairy Tale Adventures te hou in Maart volgende jaar.

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *