Ons Kook Saam Met Daily Dish For You

Ons Kook Saam Met Daily Dish For You

Sponsored Post: Daily Dish For You het vir ons die Pork Free doos geskenk, maar hierdie menings is my eie.

Sjoe, julle!
Ek moes hierdie blog post al lankal geskryf het, maar die lewe het ‘n ander deuntjie met my gesing.

Eerstens, my twee-jarige dogtertjie was siek vir drie weke (byna vier weke) lank sedert einde September en dis waarom ek minder blog posts hier gepubliseer het.

Tydens hierdie tyd het vriende hulle oor ons ontferm. Dit was rerig wonderlik om te hoor dat mense ons wou help – ons is baie dankbaar vir dit.

Juis oor my familie in ander provinsies woon – ons is in Gauteng – is ons village maar klein. Julle ken seker die sêding “it takes a village to raise a child” (dit vat ‘n gemeenskap om ‘n kind groot te maak)? Dit is waarna ek verwys as ek praat van village.

Prinses het eers einde Oktober reggekom en ja, dis nou dit.

In elk geval, ek wou julle vertel van Daily Dish For You.

Dit is ‘n aanlyn diens – jy bestel ‘n doos met kos van jou keuse, dan stuur hulle jou die resepte en die bestandele. Ons het die Pork Free (vark-vrye) opsie geneem en het vier resepte met die bestandele vir die week (in September) gekry.

daily dish for you resep melissajavan
Manlief is in die kombuis besig om die Hazelnut Salsa Hoender voor te berei – ‘n resep deur Daily Dish for You. (Foto: Melissa Javan)

HOEKOM DAILY DISH FOR YOU
Ek het Daily Dish For You gevra of ons met hulle kan collaborate, want ek wou iets skryf oor my swakheid: om hulp te vra by my man. Ja ek weet, dis ‘n slegte gewoonte, maar ek is so tradisioneel grootgemaak. Jy weet waar jy as vrou kook en sorg vir die kinders (al is jy ‘n werkende vrou).

Maar julle, ek het hulp nodig. En baie, baie kere vra ek nie vir manlief nie – ek aanvaar of glo dat hy moet weet wanneer hy moet help. Hy moet my gedagtes lees – want hy kan mos sien as ek sukkel of hoe?

In elk geval, ek het toe manlief ‘n paar maande terug gevra ek het hom nodig om soms te kook, want soms is my werkslading groot. Hy het toe sy ondersteuning gegee.

Toe wil ek hom ‘n uitdaging gee en dis waar Daily Dish For You inkom.

daily dish for you melissajavan

Manlief het die Daily Dish For You resepte voorberei en dit nogal geniet. Rerig, hy het homself geniet om iets nuuts te probeer.

Ook, Daily Dish For You spaar jou die tyd om winkel toe te gaan om die bestandele te gaan soek!

WAT HET TOE GEBEUR

Onse doos met kos het op Maandag 17 September 2018 aangekom en ek het die volgende dag, die Lam Masala resep uitgetoets. Manlief was meestal uit-huisig daardie week en dis waarom ek nie nog vir hom kon wag nie.

Manlief sê hy is baie beindruk oor die verpakking van die bestandele wat in die verkoelde doos (met yspakke) aangekom het. Dit was ge-courier na ons huis. Al die bestandele was vars en daar was selfs speserye en souse by. Hy sê ook hy is mal oor die presentation van Daily Dish For You.

Daily Dish for You kos melissajavan
Daily Dish For You se kosse met die aankoms – als in ‘n verkoelde doos. (Foto: Melissa Javan)
Daily Dish for You speserye melissajavan
Die speserye.

Ons moes eintlik die resepte vanaf Maandag tot Vrydag gedoen het – dit is wat Daily Dish For You aanbeveel het, maar ons het ge-improvise (ons eie ding gedoen). Op Dindag 18 September, het ek die Lam Masala dis gemaak, op Sondag 23 September het manlief die Hazelnut Salsa Hoender gemaak en eers die volgende Saterdag 29 September het manlief die Hoisin Burgers gemaak. Ons het die Hoisin Burger op snye brood gehad, want die rolls sou teen die tyd oud wees.

Dit was die eerste keer waar ons kos volgens ‘n resep gekook het en ek het effe geintimideerd gevoel. Met die vierde dis het ons ook ge-improvise.

HOOGTEPUNTE
In die proses het ek ook geleer: ek het die eerste aand ‘n Lam Masala (kerrie) gemaak (en dit was heerlik) en toe besef ek dat ek moet nuwe resepte probeer. Ek het nog nooit resepte uit ‘n kookboek probeer nie en dis hoogtyd om dit te doen.

Ons het ook geniet dat die Daily Dish For You resepte baie gesond en diversed was. Die porsies was ook groot (ons het die Kook-vir-4 opsie geneem). Sommige kere het manlief die oorskiet kos in die aand geeet as snack wanneer hy saans gewerk het of ons het dit die volgende dag gehad. Op ‘n Sondag toe hy die Hazelnut Salsa en Hoender-dis gemaak het, het ons dit met vriende gedeel (tydens ‘n byeenkoms).

Die bestandele soos die uie moet jy self opsny want dis hoe dit vars bly. Ek het ook dit geniet dat ek was gesê “kook hierdie vir 3 minute” of wat ookal – die resepte was baie spesifiek. Dit help baie!

Ek het die slaaie geniet, soos die Hazelnut Salsa en die ene wat saam met die Hoisin Burger bedien is.

daily dish for you melissajavan
Lam Masala-dis deur Daily Dish For You. (Foto: Melissa Javan)

LAAGTEPUNT
Die hoender het afgegaan in die yskas (dit was my fout) want ek het dit uit die freezer gehaal, met die wete dat my man sou die Vrydag die kos maak, maar hy het nie. Toe het hy dit ‘n dag (of twee) later gemaak en ons kry toe ‘n reuk: die hoender is af. Soos ek gese het, dis my fout.

MEER OOR DAILY DISH FOR YOU
Dit kos R890 per doos vir twee mense vir ‘n week se kos (vier resepte) en dan is dit R1340 per week vir vier mense (vier resepte, vier dae). Meer as ‘n R1000 per week vir kos is nogal baie vir my sak, maar oor die porsies groot is, is dit die moeite werd.

Jy kan die volgende doos opsies vir kos kies: Familie, Classic, Banting, Vegan en Goodie.

Op hul webwerf, sê hulle jy kry R250 afslag as jy jou eerste doos vir twee of vier mense, bestel. Of R100 afslag op jou solo-doos.

Daily Dish For You het ook wyn opsies, waar jy ‘n doos bestel.

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *