5 Lesse wat Ek Vanjaar oor My Geldsake Moes Leer

5 Lesse wat Ek Vanjaar oor My Geldsake Moes Leer

Dit is makliker om aan skuld vas te klou eerder as wat jy dit afbetaal. Dit is een van die dinge wat ek vanjaar oor myself geleer het.

Ek het byvoorbeeld my Game kaart klaar afbetaal en toe gedink: miskien moet ek dit nie toemaak nie. Wat as iets gebeur en ek het dit nodig – wat as ek dit nodig kry in die toekoms om kos daarop te koop?

Dit geld dieselfde vir een van my klere rekenings. Ek dink: was as ek dit eendag gaan nodig kry?

Ek het verlede jaar begin my persoonlike finansies op my blog gedokumenteer, want ek wou ontslae raak van al my skuld. Ek was gedaan oor ek gereeld oproepe van oproepsentrums gekry het, mense wat vra “wanneer betaal jy dit of dat?”

Dit is nogal rerig stresvol as mens sulke oproepe kry. Wat dit stresvol maak is as jy elke maand van die hand na die mond lewe en dink: hoe gaan ek die maand uitkom?

Ek het besef ek moet ‘n plan maak om my situasie te verander.

MY DOELWIT
My doelwit was dat ek al my kredietkaart skuld wou afbetaal. Ek het dit teen September vanjaar reggekry. Ek het in September besef dat dit ‘n goeie idee sal wees om my motor ook klaar af te betaal. Ek het die motor meer as vyf jaar gelede gekoop en skuld nog meer as R40,000 daarop.

Behalwe my skuld, wil ek graag geld spaar vir my dogtertjie se toekoms.

lesse geldsake melissajavan

Hier is dinge wat ek oor myself en hoe ek my geldsake hanteer, geleer het:

SKRYF JOU DOELWIT NEER EN WEES SPESIFIEK
My grootste doelwit is natuurlik dat ek hierdie dinge doen vir my dogtertjie en haar toekoms. Ek het geleer dat ‘n mens jou doelwitte moet neerskryf want dit is hoe jy dit onthou. Ek vergeet gou en soms kom ek af op my notaboek of notas op my foon of selfs my blog posts, dan herinner dit my van my doelwitte.

WOORDE DRA KRAG
Ek was een van daai mense wat gese het: ek is nie goed met finansies nie. Ek het ook al gesê ek het nie geld vir spaar nie. Maar, ek het intussen geleer dit is belangrik om positiewe dinge oor jouself te spreek en dit te manifesteer.
Om jou doelwitte neer te skryf en ook hoe jy dit gaan bekom, help ook met die manifestasie.

LEES OOK: Review my money goals for 2018

VIND UIT WAT IS JOU SWAKHEID
Ek dink my grootste swakheid is om middagete te koop wanneer ek by my werksplek is. Ek is maar ‘n lui mens en soggens, ai, wie het nou lus om brood of kos in te sit. Ek het egter besef dat dit my geld gaan spaar as ek my eie kos of brood (middagete) gaan insit vir werk. Dit help ook as mens vooruit (die Sondag al) beplan wat jy gaan eet daardie week.

LEES: What is your money weakness?

IDENTIFISEER WAT IS MEER BELANGRIK
Dit is belangrik om ‘n prioriteitslys te maak veral as jy elke maand jou begroting doen. En ja, sommige van ons doen nie begroting nie en dit is ook ‘n fout. Identifiseer watter benodighede is die belangrikste. Vir my, ek mag nie minder betaal of afskeep op my rent of motor skuld of sekere groceries nie.

Is daar enigiets wat julle geleer het tydens julle reis om geld te spaar vir iets? Laat weet vir my in die kommentaar afdeling, onder.

2 Comments

  1. Hi Melissa

    Ek voel al die hele maand asof ek dit nie sal maak, maar ook weet ek dat ek deur dit sal kom. Onlangs kar gekoop en weet nog nie wat die gevoel regtig is om daardie gaping in budget te voel nie, dis ook my eerste groot skuld en op die ouderdom van 34 sal ek maar net gewoond moet raak 🙁

    Gelukkig het ek geen ander skuld behalwe om te help met rent, water en krag. Ek het ook geleer om maar liewers te LAYBUY as wat ek vir 6maande of meer oproepe sou kry oor skuld. Nog een iets wat ons( ek en manlief) ook besluit het om te vermy is kuiertjies, die wat jy moet na ry en dan nog moet goedjies koop as jy opdaag( ons noem dit onbeplande kuiers).

    Ek kan nou elkemaand tussen R200 – R500 spaar en al weet ek nog nie waarvoor dit is nie, voel ek gerus want ek doen iets met die geld wat ek op onnodige plekke sou spandeer het.

    Dankie Mel ek geniet nog al die blogs 🙂

  2. Elke bietjie help as dit kom by geld spaar. Jy herinner my nou van lay-buy. Ek moet dit weer probeer want mens het nie altyd kontant nie. Dankie vir die terugvoering, ek waardeer dit. Geluk op die nuwe kar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *