Hoe Om Geld Te Spaar vir Jou Kind se Toekoms

Hoe Om Geld Te Spaar vir Jou Kind se Toekoms

Ek dink nou al ‘n geruime tyd hieraan; hoe gaan ek geld vir my kind se toekoms spaar?

Eerstens, dink ek: moet ek spaar vir haar eerste skooljaar of vir haar universiteit gelde? Hoe dit ook al sy, dis nogal ‘n intense storie – wel, enigiets te doen met geld is ‘n intense storie. Dis nou as jy nie beplan om dit te spandeer nie.

Stel ‘n doelwit

Vroeer vanjaar was een van my Nuwe Jaars Voorneme om elke maand ‘n sekere bedrag te spaar vir my kleintjie se toekoms. Dit was nogal ‘n uitdaging toe ek in Maart ge-retrenched was. ‘n Paar maande later kon ek daarvoor opmaak toe ek begin vryskutwerk doen.

Wanneer jy ‘n doelwit te stel, herinner jy jouself gereeld van wat gedoen moet word. Dis so maklik om van die pad af te raak – jy kan jou geld vir verskeie goed te gebruik, maar as jy ‘n doelwit het, betaal jy eers om jou doelwit te behaal.

geld spaar kinders melissajavan

Hoe nou gemaak as dit kom by spaar?

Ek het begin geld spaar in ‘n belastingvrye rekening van my persoonlike bankrekening. Het jy geweet dat jy kan elke jaar R33,000 spaar per jaar totdat jy R500,000 behaal? Dit beteken jy kan vir 15 jaar in ‘n belastingvrye rekeneing spaar, volgens SARS.

Die idee van ‘n vaste belegging oftewel ‘n belastingvrye rekening by jou eie bank klink goed en is maklik genoeg. Die probleem kom in as jy geld nodig het vir ‘n “emergency” (nood). Dan is dit juis die plek waarna jy vinnig genoeg hardloop. So, vir my om geld te spaar in ‘n belastingvrye rekening by my persoonlike bank is nie ‘n goeie idee nie.

Wanneer wilskrag ‘n probleem is…

Ek besef ek moet eerder geld spaar by ‘n verskillende bank of ek moet die geld in ‘n belastingvrye rekening plaas by ‘n finansiele instansie soos Old Mutual of Liberty of Investec… jy kry die prentjie.

Dit gee my minder kans om die geld te gaan trek.

Debit order of betaal kontant?

Jong, as jy enige geld debit order, dan maak jy automaties daardie geld deel van jou budget. Dit beteken dat jy elke maand daardie geld MOET betaal want dit word afgetrek op ‘n sekere dag deur die bank.

Ek weet nie van julle nie maar as ek iets kontant betaal is dit maklik om nie die volle bedrag te betaal nie, so dis waarom debit order ook ‘n goeie plan is.

In elk geval,

Vir nou doen ek bietjie navorsing oor waar ek geld (vir my kind se toekoms) gaan spaar.

Spaar julle vir jul kinders se toekoms? Hoe doen julle dit? Vertel vir my daaroor in die kommentaar afdeling, onder.

2 Comments

  1. I started saving for Nicky’s tertiary education when he was one! But I think that the rest of the education also needs saving for! I heard something on the radio that one lady has an account she puts money in throughout the year so they can pay it upfront which sounds like a good idea, because then you get the discount.

  2. Hi Heather, thank you for the response. I’ve also read about that, paying school fees in advance and then you get a discount – it sounds like a good idea. Well done on you saving already!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *